Sonnet Skryf!

More julle! My naam is Sonnet Minnaar. Dis my ma se van aangesien my pa se van, Naaijer, ‘n negatiewe konotasie gehad het in Pretoria. Hy het klomp mense, klomp geld geskuld en hy moes vlug vir sy lewe in die tagtigs. Dis ook wanneer laas ons hom gesien het. Sy naam is Sakkie Naaijer. Hy het ‘n ligte Hollande aksent en blonde kroes hare. As iemand hom ken, vra hy moet my dringend kontak asseblief. Hy het ons met ‘n R3000 water en ligte rekening gelos net voor hy weg is. Hy het ook my geboorte setifikaat en die sleutel tot my hart.

My ma se naam was Di Minnaar. Sy was van Pretoria Noord waar sy en my pa ontmoet het toe hulle nog op skool was. Hulle het albei standerd drie klaar gemaak aangesien ek oppad was. Tye was moeilik toe my pa gevlug het en my ma moes kos op die tafel sit. Dis by haar waar ek my huidige vaardighede geleer het. Ons het haar skielik verloor in die negentigs toe sy na ‘n kuier sessie by die Royal deur ‘n trein getrap is. Ek het nooit na die toneel gaan kyk nie, maar die trein was blykbaar afgeskryf.

Ek het 7 broers en susters, almal ouer as ek. 6 is al oorlede en my een broer is nou hoog op in die ANC. Hy het my pa se van behou.

Ek is nou in my laat sestigs en werk nog steeds in Sunnyside. Ek het geen man gevat oor die jare nie. Ek was al ‘n paar keer ‘n hou vrou, maar dinge het telkens nie uitgewerk nie weens my beroep se vereistes. My kat, Skommel Minnaar, hou my geselsskap. Hy is ook ‘n optel siel wat eendag hier by my opgedaag het en al vir 8 jaar bly.

Ons bly op die 13de vloer van ‘n woonstel blok in Sunnyside. Die hysbak werk nie so ek loop baie op en af. Ek probeer om vanaf die huis te werk, maar dis nie altyd moontlik nie. Ek werk een keer ‘n maand op die derde vloer. Gewoonlik hier by die 25ste van die maand. Ek is op my besigste daai tyd van die maand. Na die begin van die maand raak besigheid stil. Dan skryf ek en Skommel. Ek drink graag ‘n glasie semi soet doos wyn terwyl ons stories op die draadloos luister. Ons albei lewe van hoender lewertjies en tannie Lettie, my buurvrou se oorbly kos. Sy is lief vir blikkie vis. Dinsdae is bad dag vir beide my en Skommel. Dan tof ons op en klits die hare sodat ons mooi lyk vir die week wat voorlê.

Maar mense, julle is nie hier om my geskiedenis te leer nie! Ek is ‘n digteres en ek nooi julle uit om my werk te geniet op hierdie web werf.

BELANGRIK!!

Ek skryf smet poësie. As kru woorde jou gaan seermaak, stel ek voor jy gaan lees eerder die nuutste storie op die Rooi Rose the hoofblad.

Deel hierdie bladsy: