Vandag skryf Tannie Sonnet vir jou, ‘n anderse kwatrein,
Toe ek jou weggee het was jy nog piepklein,
My pragtige baba, jy was my lewenslyn.
Ons almal leef nou duskant Yzerfontein,
Beskut en ver vanaf die kwarantyn,
En ervaar ons elke dag die wonderlikste geskenk van sonneskyn.
Al is jy en jou gesin vol van die maagpyn,
Met medisyne, roosterbrood en liefde is jy piekfyn,
Nou is jy groot en ons drink saam goeie rooi wyn.
Onthou, die lewe gaan verby soos ‘n sneltrein,
En vandag drink ons op jou ‘n vonkelwyn,
Ek wens jou voorspoed toe en ‘n groot fontuin.
Nou, na als gaan ek weer uit jou lewe verdwyn,
Soos die skim, Epstein en Ghislain,
Gee ‘n drukkie vir tannie Melis en haar konyn,
Geniet jou spesiale dag en ons ontmoet dalk weer eendag aanlyn...
Ek dig diep en dwars
Sonette