Bakgat At

Elke dorp het ‘n wildekat,
Ons s’n is bekend en grys en sy naam is At,
Elke week pos hy ‘n lied vir Paternoster op die Sabbat,
En ‘n foto van ‘n pragtige roos uit sy habitat.

At se kos is lekker, veral sy koue pattat,
Ons praat en maak grappe en drink heelwat,
Hy rol sy oe oor my vriendskap met Rina Seekat,
En ons kuier tot donker by sy gallery voor ons die lang pad vat.
Deel hierdie bladsy: