Veels geluk mooiste beste liefste Terria, Ons wens jou die beste met jou 60ste fiesta, Vandag deel ons jou verjaarsdag blomme se delikate aroma, Rooi rose, Swart dahlia en ‘n magdom veelkleurige Gazania. Vandag speel ons vir jou ‘n lekker warm boere kwela, In ons harte is jy altyd die bewaarder van fauna, en flora, Ons almal se verlosser, filosoof en liefste mamma, En jou familie se grootste bron van liefde, alfa en omega.