My lewe voel betekenloos, In die vroee oggend ure drink ek myself bewusteloos, My huis, my kind le verwaarloos, En wanneer ek my oe sluit is ek waardeloos. Laat middag hoor ek die wereld op die draadloos, En voel my eie lewe weer leeg en kleurloos, Ek staan maar op en begin die nag vreesloos, En later sal ‘n vreemdeling my trane vertroos.