Vir jare bly ek in strate en woonstelle van basalt, Hoë geboue en woonstelle, my enigste toekoms blik, In Huisgenoot lees ek van die hidonese Paternoster kult, Wat elke dag tot middernag kuier en mekaar verkwik. In die stink grys woud toets rowers en bende lede my geduld, Dan pak ek alles wat ek het en maak vrede met dié wat ek skuld, Alleen klim ek in my swaar gelaaide bloed rooi Renault, En gaan vestige ek myself in Bekbaai, Paternoster se skuldbult .